Skoolgereedheidswenke - Laerskool Rustenburg

Go to content

Main menu

Skoolgereedheidswenke

WENKE WAT SKOOLGEREEDHEID BEVORDER
www.mzone.mweb.co.za/resident.kensie/wenkewat.html
Het u kind die volgende bemeester? Beskou dit net as algemene riglyne en interresante leesstof.
• Prente en vorms met 'n skêr uit tydskrifte knip.
• Redelik noukeurig inkleur en omlyn.
• Eenvoudige legkaarte bou.
• Op een been staan (ook met toe oë)
• Met 'n tou spring, verspring, op 'n streep op 'n tou loop sonder om te val ens.
• Redelik noukeurig met 'n bal gooi.
• 'n Groot strandbal met beide hande vang.
• Met groot en klein blokke bou.
• Sekere vorms deur u getrek, natrek, bv. 'n sirkel, driehoek, 'n kruis, 'n huis, ens.
• In boeke en tydskrifte blaai sonder om die bladsye te skeur.
• 'n Boek regsit - nie onderstebo nie.
• Eenvoudige prente beskryf
• Die verskille tussen voorwerpe of prente raaksien.
• 'n Reeks prente lees deur te sê wat gebeur.
• Sekere ervarings met die regte woorde oorvertel.
• Al redelik goed tot by 10 tel met voorwerpe soos proppies, ens.
• Ken u kind die verskil tussen:
o groot en klein
o baie en min
o lank en kort
o bo en onder
o voor en agter
o binne en buite
o naby en ver
o hoog en laag
o minder en meer
o swaar en lig
o wyd en nou
• Kan u kind voorwerpe soos messe, vurke, klere ens. reg uitsorteer en kleure onderskei.
• Hom / haar self uit- en aantrek.
• 'n Sakdoek reg gebruik.
• Sy / haar skoene uit- en aantrek - skoenrieme vasmaak?
• Knope vas- en losmaak.
• Speelgoed oppas en wegbêre
• Goed met maats speel en saamwerk.
• Klein werkies tuis verrig.
• Bevele aanvaar en opdragte gewillig uitvoer - tot 3 opdragte op 'n keer.
• Met aandag luister as u 'n storie voorlees.
• Oorvertel wat u gelees het.

Gesondheid en Persoonlikheidseienskappe
• Hoe is u kind se gesondheid?
• Is die oë al professioneel getoets?
• Vermoed u enige ooggebrek?
• Is die gehoor al professioneel getoets?
• Vermoed u enige gehoorgebrek?
• Is daar enige spraakgebrek?
• Is u kind bang om te waag (selfvertroue)?
• Word u kind maklik humeurig of opstandig?
• Is u kind gewoond om takies halfgedaan te laat en moet u hom / haar aanspoor om dit te voltooi?
• Hou u kind 'n redelike tydjie aan met dit waarmee hy / sy besig is?
• Hoe is die konsentrasie?
• Is hy / sy woelig en rusteloos van aard?
• Was daar enige baie ernstige siektes gedurende die kinderjare en wat was die aard daarvan?
• Het hy / sy enige ongelukke of derglike ervarings beleef?
• Hoe is die sosiale aanpassing met gesinslede en maats?
• Het u kind 'n kleuterskool bygewoon?
• Hoe gaan u kind in die middag huis toe?
• In wie se sorg sal u kind na skool wees?

 

Webtuiste kennisgewing - Kopiereg 2010 Laerskool Rustenburg - Webtuiste deur Skooldaetv.com

Back to content | Back to main menu